Goeie môre Phillip en Chrisna, Net om baie, baie dankie te sê dat julle bereid was om ons kantoor se matte op ‘n Saterdag te doen. Dit het gehelp dat ons nie ons personeel verder hoef te ontwrig nie. Spreek asb ook ons waardering uit teenoor Chrizel en Richard!! – Vriendelike groete Tina E
Beste Oom Philip en Tannie Chrisna, Baie dankie vir die geleentheid wat julle my gebied het om te sien hoe julle produk werk. Dit was baie goed om “hands-on” ondervinding te kry ! Ons sal julle met graagte aanbeveel by al ons kliente en dit maak dit net soveel beter om te verduidelik wat hulle te wagte kan wees. Baie dankie vir julle vriendelike diens. – Vriendelike Groete Nadine T
More More, Ek wil net graag baie dankie sê vir die vinnige en puik diens met die skoonmak van my matte en lazy boy stoel. Ek is verstom hoe skoon dit gekom het en hoe vining dit gedoen is. 5 sterre vir julle! – Vriendelike Groete T Hanekom
Hello, Baie dankie vir julle oproep & ek was baie tevrede met die kwaliteit van werk. My matte was nog nie so skoon vandat ek 4 jaar gelede hierna toe getrek het nie. Ek sal beslis vir julle weer gebruik. – Groete Collette
Goeiemôre Philip & Chrisna Baie dankie, die matte lyk sommer splinternuut! En die lekkertjies is lekker. Mag julle besigheid van krag tot krag gaan! – Vriendelike groete Esme G
Matte oor die algemeen 110% beter/skoner. Baie dankie. – Groetnis, Pieter & Aletta Selkirk Guest House
Graag wil ek vir die eienaars van Chemdry in die Overberg baie baie dankie se vir die uitstekende diens wat spesiaal aan my gelewer is. Baie dankie vir u vriendelike hantering van al die werk asook die hantering daarvan. Groot dankie ook vir u vriendelike personeel. My grootste dank is ook: Na al die gaste se gekuier gedurende Desember vakansie, het die eienaars my geskakel om uit te vind of alles in orde is. Hulle het self gekom en vir my al die kolle wat op die matte was skoon gemaak sonder... view more
Hallo Philip, Baie dankie vir jul flinke diens. Die hele huis lyk nou anders. – Vriendelike groete Riaan
Phillip en Chrisna, Liewer laat as nooit. Baie dankie vir julle flinke, vriendelike en goeie diens. Ek waardeer dit. My matte is nou weer so mooi – ek kan dit nie glo nie! -riendelike groete en my beste wense vir julle Baie dankie. – Cato J
DANKIE, CHEMDRY vir die wonderlike diens en skoonmaak van die matte.!! Wat ‘n verskil !! – M du Toit